2018 Merweville projek

Merweville… ongeskonde plattelandse dorpie en boeregemeenskap in die hart van die Karoo. Soos jy oor die laaste bult ry, ná jou afdraai van die N1, verskyn Merweville aan die onderkant  met die groot toring van die NG Kerk wat prominent uitstaan . Daar is geen Mall’s en KFC’s, wel Muller se Kafee, Victor se Garage en Du Plessis Algemene Handelaar. Aandvermaak is om op te kyk na ‘n sterrehemel soos wat jy lanklaas gesien het. Dit is ‘n ou wêreldse belewenis, maar dit is ook ‘n swaarkry bestaan in harde omstandighede.

Die WAWWA Organisasie leef hul leuse uit – Lewe om ‘n verskil te maak. Hul werk in vennootskap met mense van geloof en maak staat op die vrygewigheid van die gemeenskap om hul doel te bereik – Om die behoeftes van die minderbevoorregtes te bevredig.

 

WAWWA respekteer kulturele diversiteit, glo daarin om mense se lewens te verryk. Sodoende is hul hart en siel betrokke by die kinders van Merweville. Vrywilligers reik uit en spandeer jaarliks ‘n bietjie kwaliteit tyd saam met die kinders van Merweville. Hierdie naweke fokus op Liggaamlike, Kreatiewe en Geestelike ontwikkeling.

MBW se 2018 projek is om soveel moontlik goeie tweedhandse sporttoerusting te versamel en te skenk aan Merweville se kinders.

Help ons om ‘n verskil te maak deur ongebruikte sporttoerusting te skenk. 

Enige donasies kan by MBW se ontvangs gelos word.  Vir meer informasie skakel (021) 976 4832.